top of page

Blydskap en Dankbaarheid, 'n Gawe van God

wparkin13

Ek wil poog om u te oortuig dat blydskap en dankbaarheid ‘n gawe van God is en dat ons dit kan neem as ‘n geskenk van ons hemelse vader. Die bybel sê:


1 Thessalonicense 5:(18) Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle...


Ons het die afgelope tyd redelik gehoor dat ons na Heiligmaking moet streef. Dit is dan ook die bron teks van die reeks oor ons missie. Hoekom ek dit noem is dan as ons wil strewe om soos Jesus te wees, dan moet ons iets besef; ons God, is ‘n gelukkige God. Amen? Klink so vreemd om so iets te sê, maar ek wil vir u weer sê, our God is a happy God!


Ons werkende God


Het u al ‘n projek aangepak om iets te bou of iets reg te maak, en dan terug te staan en gedink, dit is goed! Job well done. Ek het al lankal gedink ons moet ‘n menger op die wasbak sit want die koue en warm water brand ‘n mens as jy gesig was. Toe gebeur dit! Ek moes die week die warm kraan op die wasbak in die pastorie vervang want die warm kraan se kop het gestrip, juis toe ons moderator by ons besoek afgelê het. Ek koop toe ‘n water menger, haal die ou krane af en met ‘n gesukkel kry ek die nuwe menger geïnstalleer. Man is ek trots. Ek het Elma geroep en haar gewys, ek het vir Katryn geroep en gewys. Ek is werklik trots op wat ek gedoen het.


Weet u dat God ook trots is oor Sy werk? Amen? Kom ons lees dit saam in Sy Woord:


Genesis 1:31 Toe sien God alles wat Hy gemaak het, en—dit was baie goed. En dit was aand en dit was môre, die sesde dag.


Ons Identiteit in Christus

As u glo dat alles wat goed is van God afkom, is ons identiteit in Hom. (James 1:17 Elke goeie gif en elke volmaakte gawe daal van bo af neer, …) As u dit glo, dan sal u ook glo dat wat u ontvang het wat goed is, van die vader afkom. Amen?


God se karakter is dat Hy gelukkig en tevrede is met dit wat God geskape het. Ek wil vir u sê dat God ook tevrede is met u as Sy skepsel. God hou nie van u sonde en baarheid nie, maar het u lief! Glo u dit?

Dink u dat God ooit moeg word? Nee, die Bybel sê in Psalm 91 dat God nie moeg of mat word nie. So ek reken dat God die 7de dag geheilig het om nie meer te werk nie, sodat Hy kon terug kyk op die skepping en kon sê: “Dit is goed”


Genesis 2:

(1) So is dan voltooi die hemel en die aarde met hulle ganse leërmag.

(2) En God het op die sewende dag sy werk voltooi wat Hy gemaak het, en op die sewende dag gerus van al sy werk wat Hy gemaak het.

(3) En God het die sewende dag geseën en dit geheilig, omdat Hy daarop gerus het van al sy werk wat God geskape het deur dit te maak.


God het bepaal dat dit so belangrik is om elke 7de dag te stop en na die goeie werk van die week te kyk, dat dit ‘n gebod geword het.


Exodus 20:8 Gedenk die sabbatdag, dat jy dit heilig. (Remember the sabbath day, to keep it holy). Wat wil die Here hê moet ons doen. Te onthou wat ons ontvang het en daarvoor dankbaar te wees.


Waarvoor moet ons dankbaar wees?

As ek u nou vinnig vra waarvoor u dankbaar is, sal u eers so bietjie moet dink daaroor!! Die waarheid is dat alles wat goed is, kom van die Here af:

· Lewe

· Bekering

· Verlossing

· Gesondheid

· Verstandelike vermoe

· Liggaamlike krag

· Eggenoot/te

· Kinders

· Huis

· Bed

· Kos

· Werk

· Vervoermiddels

· Kerk

· Gemeente ensovoorts.


Kolossense 2:

(6) Soos julle dan Christus Jesus, die Here, aangeneem het, wandel so in Hom,

(7) gewortel en opgebou in Hom en bevestig in die geloof, soos julle geleer is, terwyl julle daarin oorvloedig is in danksegging.


Ons opdrag van blyskap en dankbaarheid

1 Thessalonicense 5:16-22

(16) Wees altyddeur bly.

(17) Bid sonder ophou.

(18) Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle.

(19) Blus die Gees nie uit nie.

(20) Verag die profesieë nie.

(21) Beproef alle dinge; behou die goeie.

(22) Onthou julle van elke vorm van kwaad.

Comments


bottom of page