top of page

Die Geregtigheid van God

wparkin13

Inleiding:

Geregtigheid is een van die pilare waarop ons geloof staan.

Geregtigheid word 462 keer aangehaal in die Bybel deur verskillende vertalings volgens die volgende: https://bible.knowing-jesus.com/words/Righteousness U is welkom om daar die 462 skrifte te gaan opkyk.

Wat my getref het in my navorsing, is die uiteensetting van geregtigheid deur Prof Adrio König (http://www.bybelkennis.co.za/prof-adrio-koenig) wie verduidelik dat die word ge-reg-tigheid te make het met die reg. Prof Adrio verduidelik dat dit reg so wees vir ‘n ouer om ‘n kind te tug, maar dat dit nie reg is as huweliksmaats mekaar tug nie. Ek neem aan dat hy verwys om fisies te tug.

Daar is nog skrywers wat lyste gemaak het van wat geregtigheid is en hoe om dit te bekom. Daaroor is daar al baie gepreek. Maar, vandag wil ek by die Woord van God gaan staan oor wat die Here vir ons wil sê oor Sy geregtigheid.

Skriflesing:

Romans 1:16-17

(16) Want ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is ‘n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, eerste vir die Jood en ook vir die Griek.

(17) Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe.

Gebed:

Here Jesus Christus, sal U asseblief U Woord openbaar aan die hoorder en leser vandag. Ek glo dat U ‘n werklikheid is en wil u graag behaag en eer. Amen.

Wat is geregtigheid?

Dit is heeltemal moontlik dat dié onderwerp heeltemal akademies behandel kan word maar, ons dien ‘n werklike God wat vir ons ‘n praktiese leerstelling daar gestel het. Ons gaan dan fokus op die meer praktiese toepassing van die begrip van geregtigheid.

Die aspek van die reg in geregtigheid het in my hart geval. Broer Paulus sê in die gelese gedeelte dat die “Maar die regverdige sal uit die geloof lewe” Met ander woorde, dit is die regte optrede om in die geloof te lewe. Daarin vind ek die definisie van geregtigheid wat God se Woord aanbetref. Om reg op te tree, reg te dink, reg te praat, reg te reageer ensovoorts. Die lys van reg is amper oneindig as ‘n mens dan geregtigheid so insien.

Hoe bekom ek geregtigheid?

Die woord van God is vir ons juis ‘n aanwyser oor hoe ‘n mens geregtigheid bekom. Die hele Christelike lewenswandel gaan daaroor om die ge-REG-tigheid van God te bekom. Die basis waarop ons kerk gebou is vryheid van die Heilige Gees om ons te lei en te leer aangaande Heiligmaking. Dit beteken dat ons Jesus as voorbeeld vir ons lewenswandel moet aanneem. Omdat ons fisies nie die geleentheid soos die dissipels gehad het om Jesus te volg nie, doen ons dit deur die Heilige Gees se inspraak in ons lewe te volg. Broer Paulus verwys na die werke van die Gees in Galasiërs 5:16-17

(16) Maar ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie;

(17) want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie.

Broer Paulus praat ook met die Romeine 5:19 en 21 dat gehoorsaamheid lei to regverdigheid. En dat die sonde lei to die dood, maar genade lei to regverdigheid wat lei tot die ewige lewe.


Die toepassing van geregtigheid

1 Korintiërs 6:12

(12) Alles is my geoorloof, maar nie alles is nuttig nie; alles is my geoorloof, maar ek sal my nie deur iets laat oorheers nie.

As die konsep van geregtigheid reg verstaan word, dan sal u insien en erken dat wanneer ons God se liefde in harte het deur Sy wonderlike Heilige Gees, dan is dit nie REG dat ek sommer enige iets doen, sê, dink of op enige manier optree nie.

Die waarheid is dat ons nie net poog om die ewige lewe te bekom nie maar, ons is ook ambassadeurs van God is. My hele persona moet sê dat ek ‘n kind van God is. Dis die regte ding om te doen. Ons almal kom kort aan die heerlikheid van God, maar dank ons Here Jesus Christus vir Sy genade, want Broer Paulus verduidelik: ”Maar die regverdige sal uit die geloof lewe”.

Wandel u in u eie geregtigheid, of in die ge-REG-tigheid van onse Here Jesus Christus?



Opsomming:

Die skrif Johannes 3:36

(36) “Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom”, som geregtigheid baie mooi op, naamlik dat ons geloof lei tot geregtigheid en ons gehoorsaamheid aan wat reg is, tot die ewige lewe.


Amen.


 
 
 

Comments


bottom of page