
Skriflesing:
Psalms 110:1-4
(1) A Psalm of David. The LORD said unto my Lord, Sit thou at my right hand, until I make thine enemies thy footstool.
(2) The LORD shall send the rod of thy strength out of Zion: rule thou in the midst of thine enemies.
(3) Thy people shall be willing in the day of thy power, in the beauties of holiness from the womb of the morning: thou hast the dew of thy youth.
(4) The LORD hath sworn, and will not repent, Thou art a priest for ever after the order of Melchizedek.
Isaiah 9:5
(5) Want ‘n Kind is vir ons gebore, ‘n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors—
Ephesians 1:20-23
(20) wat Hy gewerk het in Christus toe Hy Hom uit die dode opgewek het en Hom laat sit het aan sy regterhand in die hemele,
(21) bo alle owerheid en mag en krag en heerskappy en elke naam wat genoem word, nie alleen in hierdie wêreld nie, maar ook in die toekomstige.
(22) En Hy het alle dinge onder sy voete onderwerp en Hom as Hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee,
(23) wat sy liggaam is, die volheid van Hom wat alles in almal vervul.
Inleiding:
Die tema van hierdie boodskap is die verwagting van die koms van ons Verlosser, ons Heer, Jesus Christus.
Jesus se eerste koms is tot 10 eeue voor Christus geprofeteer in Koning Dawid se leeftyd. Die profeet Jesaja het 7 eeue voor Christus vir ons die wonderlike skrif wat ons as teks vandag gebruik geprofeteer: Want ‘n Kind is vir ons gebore, ‘n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors.
Die verwagting van Jesus: (anticipation)
Deur die eeue van die ou Testiment van die Bybel, het die mensdom so ver afgedwaal in hulle sonde, dat daar net nie genade vir die mensdom was nie. God het bepaal dat die loon van die sonde die dood is. In die ou testament moes ‘n onbesmette lamb sterf vir die sondes van die mens. Maar selfs dit as nie genoeg om die mens te verlos van hulle sonde nie. God kon nie met die mens versoen word nie, as gevolg van die sonde van die mens nie. Jeremiah profeteer dat God Sy aangesig wegdraai van die mens as gevolg van hulle sonde.
Maar, God is lief vir die mensdom, ons is Sy skepsels. God het dit bedoel dat ons Sy seuns en Dogters sou wees. Sy plan was dat ons met Hom ‘n verhouding sou hê van ‘n liefdevolle Vader teenoor Sy kinders. Maar, helaas, die mensdom bly sondig en wegloop van ons liefdevolle God en hemelse vader.
Die mensdom moes sterf, maar dan sou God is plan om ‘n verhouding my Sy aardse seuns en dogters te hê nie gebeur het nie. Maar, God het ‘n plan, Jesus sou sterf terwille van die mens se sonde en ongeregtighede. Hy sou die losprys word vir die sonde van die wêreld.
Isaiah 53:5
(5) Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.
Soos genoem is in die inleading, hierdie nuus is reeds 10 dekades voor Christus aangekondig. Kan u die verwagting ervaar wat daar was. Die anticipation of the coming of Christ Jesus, who would save the world!
Jesus kom vir ‘n tweede keer:
1 Thessalonians 4:16-17
(16) Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan.
(17) Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees.
Dit is nou al weer 10 eeue vandat daar aangekondig is dat Jesus kom weer om Sy bruid te kom haal. Die aarde, die natuur en die mensdom kyk uit met rykhalsende verwagting vir Sy koms, Jesus kom terug. Kan u die verwagting aanvoel. Jesus kom weer.
Is u gereed om ons Jesus te ontvang?
Ek sluit af met Isaac Wimberely wie Jesus beskryf in sy gedig, If there are word for Him, I don’t have them. Ek vertaal die gedig en bring eer aan ons verlosser Jesus Christus:
As daar woorde vir Hom is, dan het ek dit nie. Isaac Wimberley
"As daar woorde vir Hom is dan het ek dit nie. Sien my brein het nog nie die punt bereik waar dit 'n gedagte kan vorm wat die grootheid van my God voldoende kan beskryf nie. En my longe het nog nie die vermoë ontwikkel om asem te haal met genoeg volume om die grootheid van Sy Liefde uit te asem nie.
En my stem, sien my stem is so – ingeperk deur menslike grense dat dit moeilik is om selfs die lof op te sing, jy sien,
As daar woorde vir Hom is , dan het ek dit nie.
My God, Sy Genade is merkwaardig,
barmhartigheid is ontelbaar,
krag is ondeurdringbaar,
Hy is eerbaar,
verantwoordbaar,
gunstig.
Hy is ondeurgrondelik, dog kenbaar,
ON definieerbaar, dog toeganklik,
onbeskryflik, maar tog persoonlik
Hy is buite begrip, verder as verbeelding, konstant deur geslagte,
Koning van elke nasie,
Maar as daar woorde vir Hom is, dan het ek dit nie
U sien my woorde is te min om te probeer om die EEN WARE GOD te beskryf,
my woordeskat is te beperk, maar ek gebruik woorde as beskrywing, 'n uitdrukking van aanbidding aan 'n Verlosser, 'n Verlosser wat waardig is en my lof te ontvang, daarom gebruik ek woorde.
My hart loof die Here, seën Sy Naam tot in ewigheid. Hy het my hart gewen, my gedagtes gevang en hulle albei saamgebind.
Hy het my verslaan in my rebellie, my oorwin in my sonde,
Hy het my in Sy teenwoordigheid verwelkom, my heeltemal ingenooi. Hy het Homself die voorwerp van my oë gemaak,
my oorstroom met genade in die oggend, my verdrink met Genade in die nag,
Maar as daar woorde vir Hom is , dan het ek dit nie.
Maar wat ek wel het, is GOEIE NUUS, want my God het geweet dat mensgemaakte woorde nooit sou doen nie, want woorde is net instrumente wat ons gebruik om na die waarheid te wys.
Daarom het Hy sy Seun Jesus Christus gestuur as
DIE WOORD,
LEWENDE BEWYS,
Hy is DIE BEELD VAN DIE ONSIGBARE GOD,
DIE EERSGEBORENE UIT DIE HELE SKEPPING,
WANT DEUR HOM IS ALLE DINGE GESKAPE,
WAT UIT NIKS SKEP HY DIE WERELD
EN DEUR SY WOORD ONDERHOU HY DIT IN DIE KRAG VAN SY NAAM.
WANT HY IS VOOR ALLE DINGE EN BO ALLES REGEER HY.
HEILIG IS SY NAAM!
PRYS HOM DUS VIR SY LEWE!
DIE MANIER WAAROP HY IN TWIS GETREUR HET.
DIE NEDERIGE SEUN VAN GOD WAT DIE VOLMAAKTE OFFER GEWORD HET.
PRYS HOM VIR SY DOOD! DAT HY GEWILLIG IN ONS PLEK GESTAAN HET
DAT HY LIEFDEVOL DIE GRAF VERDUUR HET DAT HY TEEN ONS VYAND GEVEG HET,
EN OP DIE DERDE DAG IN OORWINNING OPGESTAAN HET.
HY IS WAT BELOWE IS.
PRYS HOM AS DIE OPGESTANE KONING.
VERHEF JOU STEM EN SING, WANT EENDAG SAL HY VIR ONS TERUGKEER,
EN ONS SAL UITEINDELIK MET ONS VERLOSSER VERENIG WORD VIR INNEMENDHEID! EWIGHEID!
DIT IS DUS NIE NET WOORDE WAT EK VERKONDIG NIE,
WANT MY WOORDE WYS NA DIE WOORD,
EN DIE WOORD HET 'N NAAM,
HOOP HET 'N NAAM,
VREUGDE HET 'N NAAM,
VREDE HET 'N NAAM,
LIEFDE HET 'N NAAM EN
DAARDIE NAAM IS JESUS CHRISTUS!
PRYS SY NAAM VIR EWIG!!!!!!!!"
댓글