top of page

Woeker met jou Talente

wparkin13

Skriflesing:

Matthew 25:14-30

(14) Want dit is soos ‘n man wat op reis wou gaan en sy diensknegte roep en aan hulle sy besittings toevertrou.

(15) En aan die een gee hy vyf talente en aan die ander twee en aan die ander een, aan elkeen na sy vermoë; en hy het dadelik op reis gegaan.

(16) En die een wat die vyf talente ontvang het, het daarmee gaan werk en vyf ander talente gewin.

(17) Net so het die een wat die twee ontvang het, self ook twee ander verdien.

(18) Maar hy wat die een ontvang het, het in die grond gaan grawe en die geld van sy heer weggesteek.

(19) En ná ‘n lang tyd het die heer van daardie diensknegte gekom en met hulle afgereken.

(20) En die een wat die vyf talente ontvang het, kom en bring vyf ander talente en sê: Meneer, vyf talente het u aan my toevertrou; hier het ek vyf ander talente daarby verdien.

(21) En sy heer sê vir hom: Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer.

(22) En die een wat die twee talente ontvang het, kom ook en sê: Meneer, twee talente het u aan my toevertrou; hier het ek twee ander talente daarby verdien.

(23) Sy heer sê vir hom: Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer.

(24) En die een wat die een talent ontvang het, kom ook en sê: Meneer, ek het u geken, dat u ‘n harde man is wat maai waar u nie gesaai het nie, en bymekaarmaak waar u nie uitgestrooi het nie;

(25) omdat ek bang was, het ek gegaan en u talent in die grond weggesteek. Hier het u wat aan u behoort.

(26) Maar sy heer antwoord en sê vir hom: Jou slegte en luie dienskneg, jy het geweet dat ek maai waar ek nie gesaai het nie, en bymekaarmaak waar ek nie uitgestrooi het nie.

(27) Daarom moes jy my geld by die wisselaars gestort het, en ek sou by my koms wat aan my behoort, met rente ontvang het.

(28) Neem dan die talent van hom weg en gee dit aan die een wat die tien talente het;

(29) want aan elkeen wat het, sal gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar van hom wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het.

(30) En werp die nuttelose dienskneg uit in die buitenste duisternis; daar sal geween wees en gekners van die tande.


Ontleding en verduideliking:

· Daar word foutiewelik gedink dat hierdie talente verwys nie na die talent vir sport of musiek. Dit is nie die waarheid nie.

· In die oorspronklike Grieks, waaruit die Evangelies vertaal was, beteken talente ‘n gewig eenheid. Met ander woorde, die talent verwys letterlik na die waarde van ‘n geld eenheid.

· Omdat die talente so kosbaar is, verwys hierdie gedeelte dat die meester iets baie kosbaar aan die diensknegte oorhandig het.

· Omdat die geld simbolies is in die vergelyking, en die feit dat die meester op reis gaan ook simbolies is, kan daar afgelei word dat die meester na Jesus verwys wat Hemel toe gegaan het. Dit wat vir Hom kosbaar is, is die siele van Sy kinders. Die volgende skrifte, staf hierdie feit: John 3:16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. 2 Peter 3:9 Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.

· Die mens is dus baie kosbaar vir die Here Jesus. Die opdrag is dan volgens: Mark 16:15 En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom. So, ons ontdek wat die talente is wat die Here vir ons as mens gegee het om mee te woeker is Sy kosbare Woord, Dus is die waardevolle besitting wat die Here aan Sy dissipels met Sy Hemelvaart gelos het, Sy kosbare woord, wat die Evangelie insluit, en met die aanhoor en glo van die Evangelie word mense gered. Die redding van die mens was die Here se hoofdoel met Sy eerste koms en dit moet ook Sy diensknegte se doel wees terwyl hulle Meester afwesig is.

· Die talente wat die meester vir Sy diensknegte gegee het is ook die geleenthede om die evangelie van verlossing te verkondig. Nie almal het die selfde geleenthede nie, dus was die talente verskillend. Matthew 25:16-19 (16) En die een wat die vyf talente ontvang het, het daarmee gaan werk en vyf ander talente gewin. (17) Net so het die een wat die twee ontvang het, self ook twee ander verdien. (18) Maar hy wat die een ontvang het, het in die grond gaan grawe en die geld van sy heer weggesteek. (19) En ná ‘n lang tyd het die heer van daardie diensknegte gekom en met hulle afgereken.

· Soos enige goeie meester, vertel die gelykenis dat daar vir die wat woeker met hul talente daar ‘n beloning sal wees. Die Skrif sê dat die arbeider sy loon werd is. In verse 20 tot 23 sê die Meester: “En sy heer sê vir hom: Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer”. Die meester beloon goeie werke hier na wedergeboorte. Goeie werke kan ons nie red nie, maar is ‘n bewys van wedergeboorte. Sien die voorbeeld van Judas wie Jesus verraai het.

· Al twee hierdie getroue diensknegte het hulle vermoëns, asook die geleenthede, wat tot hulle beskikking was, gebruik om die Evangelie te verkondig. Hulle het dus die gawes en geleenthede wat hulle in hierdie lewe ontvang het, in diens van hulle Heer ingespan. Die Here beloon hierdie diensknegte met baie meer as wat hulle verdien en hulle word oor baie aangestel. Hulle ontvang nie net slegs die ewige lewe nie, (wat ‘n genadegawe is en wat nie verdien kan word nie) maar kry as bonus gesag posisies in die vrederyk van Jesus.

· Matthew 25:24 En die een wat die een talent ontvang het, kom ook en sê: Meneer, ek het u geken, dat u ‘n harde man is wat maai waar u nie gesaai het nie, en bymekaarmaak waar u nie uitgestrooi het nie;

· Die man met die een talent kon nie regtig sy Meester geken het nie. Die rede vir hierdie opmerking is dat sy meester nooit verwag het dat hy uit sy eie krag die werk wat vir hom opgelê was moes doen nie. Deur die krag van die Heilige Gees, die Woord van God word ons toegerus om die evangelie van liefde te gaan verkondig.

· Matthew 25:26-27 (26) Maar sy heer antwoord en sê vir hom: Jou slegte en luie dienskneg, jy het geweet dat ek maai waar ek nie gesaai het nie, en bymekaarmaak waar ek nie uitgestrooi het nie. (27) Daarom moes jy my geld by die wisselaars gestort het, en ek sou by my koms wat aan my behoort, met rente ontvang het. Die bankiers of geldwisselaars verteenwoordig mense wat ons gawes (talente) namens ons vir die Here kan aanwend. In hierdie geval sou die geldwisselaars Sendelinge, Christelike bediening ens. insluit.

· Matthew 25:30 En werp die nuttelose dienskneg uit in die buitenste duisternis; daar sal geween wees en gekners van die tande.


Opsomming:

1. Jesus het Sy dissipels geleer dat mense vir Hom kosbaar is.

2. Jesus het vir ons almal talente gegee, naamlik, Sy Woord wat die evangelie van liefde insluit, om daarmee te gaan woeker.

3. Wanneer ons hierdie opdrag opneem, dan wys ons goeie werke na die feit dat ons wedergebore is.

4. As ons woeker met God se Woord om siele te wen, dan verkry ons nie net die ewige lewe nie, wat ‘n genade gawe is, maar ook ‘n beloning om saam met Jesus te regeer.

5. As ons nie woeker met die talente wat Jesus vir ons gegee het nie, beteken dit dat ons nie geloof in die Woord, of by implikasie in God, Christus Jesus of die Heilige Gees het nie. As ons dan die Woord verwerp in ongeloof, dat verwerp ons ook God. Die uiteinde is dat so persoon in die buitenste duisternis gewerp word.


Evangelisasie:


Hier is ‘n hulpmiddel om te gebruik wanneer u iemand na die Here Jesus toe lei:



Wenk: Print die Saligheidsplan en die bekerings gebed. Sit dit in u Bybel sodat wanneer u met ‘n siel deel, u ‘n aanwysing het om deur die Saligheidsplan te werk.

 
 
 

Comments


bottom of page