top of page

God is betroubaar

wparkin13

Inleiding


Noag kry die oproep om ‘n ark te bou, want die Here gaan groot waters stuur. Die tegnologie is nie beskikbaar om ‘n skuit van die grotte wat Noag bou, see toe te vat nie.


Abraham kry die opdrag om sy goed te pak, sy mense bymekaar te maak en te trek. Waarheen Here? Ek sal vir jou sê wanneer jy daar kom!


Gideon kry die opdrag om die volk uit die hand van die Midianiete te red. Hoe? Moet nie bekommerd wees nie, Ek sal jou sê wanneer ons daar kom.


Ester kry die boodskap dat Haman die volk gaan uitroei. Praat met die koning. Hy gaan my doodmaak. Moenie bekommerd wees nie, Ek sal jou help.


Simson vra, Here help my asseblief. Die Here sê: Stoot die pilare, Ek sal jou die krag gee.


Skriflesing:

Openbaring 12:11

(11) En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie.



Geloof in God

Die Woord van die Here spreuk in Hebreërs 11:3 dat die wêreld wat ons sien nie ontstaan het uit sienlik dinge nie, maar dus deur geloof. Geloof lê vlak in ons besluit. Huh! Ja, geloof lê vlak in ons besluit. Ek verduidelik; wanneer ons in ‘n situasie is en die antwoord nie voor die hand-liggend is nie, wat maak ons? Wanneer die krisis kom, en ‘n oplossing gevind moet word, wat maak ek eerste? Ek herhaal ‘n derde keer; ons geloof lê vlak in ons besluit. Sara was, volgens Hebreërs 11 verby haar leeftyd, maar sy het besluit dat dit wat God vir haar belowe het die waarheid is. Sy het nie gesê ha ha nie! Sy het besluit om haar geloof in werking te sit. U sien, sy het deur beproewing agter gekom dat God betroubaar is. Het sy nie saam met Abraham na ‘n vreemde land toe getrek nie? Het sy nie gesien Abraham gee vir Lot die beste en vat die tweede beste land nie? Ja! Maar, sy het ook gesien dat wanneer God seën, maak dit nie saak wat jou omstandighede is nie, wanneer ons op God vertrou, gaan alles okay wees!


Toe Josef sien sy lewe is verby, het hy vir sy broers in Genesis 50 gesê, wanneer julle na die beloofde land toe trek, moet nie my liggaam hier agter los nie. Ek gaan hier sterf, maar vat my oorskot saam. Hy het deur die getuienis van sy lewe geleer, moet nie bekommerd wees oor die put, die slawe eienaars of die gevangenis nie, hoekom? Want God is getrou. As God in beheer is kan die storms maar voed, solank Jesus in die Skuit is, maar die storm nie saak nie!


Jesus is die antwoord? Ja!!!

Jesaja 61:1

(1) Die Gees van die Here HERE is op My, omdat die HERE My gesalf het om ‘n blye boodskap te bring aan die ootmoediges; Hy het My gestuur om te verbind die gebrokenes van hart, om vir die gevangenes ‘n vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis;


Paulus en Silas, what a pair!! Acts 16:20 en hulle voor die regters gebring en gesê: “Hierdie manne bring ons stad in opskudding, omdat hulle Jode is” Hulle het nie na hulle omstandighede gekyk nie, of gevrees nie, want hulle het geweet, Jesus is die antwoord. Toe hulle die Here Jesus begin loof het met gebed en lofprysing toe kom daar ‘n aardbewing. Hulle het nie uitgehardloop nie. Hoekom moes hulle, want God is in beheer. Die hoof van die gevangenis het bewend voor hulle neergebuig. Ek is seker Paulus en Silas was nie in “Show room” kondisie nie, maar hulle was vol van geloof en het geweet hulle Meester leef. Hy sal hulle red!!


Ons Jesus het bewys dat Hy die antwoord is, omdat die Hel en die dood hom nie kon oorwin nie, Hy het absoluut oorwin: Matthew 28: (5) Maar die engel antwoord en sê vir die vroue: Moenie vrees nie, want ek weet julle soek Jesus wat gekruisig is.

(6) Hy is nie hier nie, want Hy het opgestaan soos Hy gesê het. Kom kyk na die plek waar die Here gelê het; Moenie vrees nie! Hy is nie hier nie, Hy het opgestaan, nie as 'n slaaf of as 'n nederlaag nie, maar as 'n oorwinnaar!!


Wanneer gaan ons weer ‘n skudding veroorsaak!! Dat die wêreld van ons God kennis kan neem?



Is God jou God?

Paulus sê vir die Filippense 4:19 dat sy God alles sal voorsien wat hy nodig het. Het God vir u al beproefd geword? Die feit van die saak is dat jy moet weet dat God ‘n waarmaker van Sy Woord is. God se Woord sê: Psalms 50:15 “en roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp, en jy moet My eer”. Het u al op God vertrou en na Hom uitgeroep en die ervaring gehad dat betroubaar is.


Isaiah 61:1

(1) Die Gees van die Here HERE is op My, omdat die HERE My gesalf het om ‘n blye boodskap te bring aan die ootmoediges; Hy het My gestuur om te verbind die gebrokenes van hart, om vir die gevangenes ‘n vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis;


U kan maar Glo dat God betroubaar is, want Hy is ‘n Wonderbare Heiland vir my!!




 
 
 

댓글


bottom of page