top of page

Hoe oud is Jou letsel

wparkin13

1. Inleiding:


Daar is navorsing wat wys dat die trauma wat mense beleef tot drie of vier geslagte in die gene van mense geopenbaar word. So die navorsing wys dat dit nie net jou latente gene is wat jou as mens bepaal nie, (Kleur van hare, vel kleur ens), maar dat uitstaande trauma ook die denke van 'n mens kan beiinvloed.

'n Sielkundige in die VSA het navorsing gedoen op Jode wat in die tweede wêreld oorlog in die doods kampe aangehou is, en dit oorleef het. Hulle het gevind dat self hulle kleinkinders letsels van die trauma in hulle DNA gewys het. Die navorsing het gevind dat vrees by hierdie geslagte ingebou is.


2. Lewenservaring


Ek het ook al in ons interaksie met mense gesien dat daar mense is wat deur brille van verwyt en seer kyk na ander mense. Ons het langs mense gebly toe ek so 12 jaar oud was wat net eenvoudig besluit het dat ons gemors is en ons so behandel het. Ek het byvoorbeeld een middag terwyl ek vir die bus wag, geloop en draai aan al die parkeer meters in die hoof straat van Oos London. Die volgende dag is ek hoof se kantoor toe geroep, want ons bure se kinders het my gaan rapporteer dat ek die meters probeer oopbreuk het. Hierdie mense openbaar 'n gees van 'n vullis-dump. Alles wat by hulle monde uitkom klink of dit uit die dumps kom. Op skool het ek ook 'n ervaring gehad dat 'n outjie wat 'n kampion bokser was het rondgeloop in die strate en dan kies hy 'n slagoffer, vloek sy ma, sodat jy hom uitdaag om te boks. Hy wag dan dat jy eerste slaan. Wel, dan kry jy 'n loesing van jou lewe. Mammie....ek bloei!


3. Vasgevang in jou verlede


Armhoede, aanranding, molestering, vernedering, verwerping en veel meer

het alles 'n invloed op 'n mens se gees. Hoe raak 'n mens ontslae van hierdie letsels in jou lewe? Die Bybel sê in Micah 6:(6)  Waarmee sal ek die HERE tegemoetgaan en my buig voor die hoë God? Sal ek Hom tegemoetgaan met brandoffers, met jaaroud kalwers?

(7)  Sal die HERE ‘n welbehae hê in duisende ramme en tien duisende strome van olie? Sal ek my eersgeborene gee vir my oortreding, die vrug van my liggaam vir die sonde van my siel?

(8)  Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra die HERE van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God?

Hierdie gedeelte in die Bybel sê iets van hoe desperaat 'n mens kan wees.


4. Jesus as berader?


Die kerk het deur die jare die houding gehad dat "Cowboys don't cry" gehad. Ongelukkig het hierdie houding veroorsaak dat mense gebreuk word en stukkend deur die lewe gaan. Soms sonder hoop of kans op herstel. 'n Mens moet net kyk na die skei syfers in die land en wêreld. Ons het in die week by 'n kinder huis gaan besoek aflê en gaan help bid. Ons het gevind dat daar kinders tussen 1 jaar en 13 jaar oud weggegooi is deur hulle ouers, verwerp, hoekom? Omdat hulle ouers stukkende mense is. Maar, ek wil vir u sê Jesus staan gereed om daardie kinders te help. Al wat moet gebeur is om 'n geleentheid te kry om te hoor dat Jesus hulle lief het en dat Hy vir hulle gesterf het. Daar is goeie nuus, Isaiah 9:6 sê: For unto us a child is born, unto us a son is given: and the government shall be upon his shoulder: and his name shall be called Wonderful, Counsellor, The mighty God, The everlasting Father, The Prince of Peace. Liewe toehoorder, as u gedink het dat die bediening van 'n berader (counsellor) is mumbo jumbo, dan verklaar jy ook dat Jesus nie in staat is om te help nie!


5. Jesus as verlosser?


Vandag nooi Jesus jou uit: Matthew 11: (27)  Alles is aan My oorgegee deur my Vader, en niemand ken die Seun nie, behalwe die Vader; ook ken niemand die Vader nie, behalwe die Seun en elkeen aan wie die Seun dit wil openbaar. (28)  Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. (29)  Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; (30)  want my juk is sag en my las is lig.


Is Jesus jou verlosser? Dink jy dat ons God in staat is om jou te help om van die trauma van jou verlede ontslae te raak? Is jy nie moeg vir die seer wat by jou mond uitkom nie? Ek vra: is jy nie moeg om die slaagoffer te wees nie? Wil jy nie oorwinning beleef in jou lewe nie. Ek het vir jou die antwoord: Sy naam is Christus Jesus, die seun van die allerheiligste God, Die God van hemel en aarde, jou verlosser. Christus Jesus nooi jou vandag: Jesaja 55: (1)  o Almal wat dors het, kom na die waters; en wie geen geld het nie, kom, koop en eet; ja, kom, koop sonder geld en sonder prys, wyn en melk!


6. Uitnodiging


Jou verlossing begin met 'n geloofdaad, staan op en loop vorentoe en verklaar, Here Jesus, ek is moeg vir my letsels. Help my om daarvan ontslae te word. Verklaar hier vandag dat ek nie meer my letsels gaan vertroetel nie, maar dat ek daarvan onslae gaan raak. Onthou, hierdie is 'n proses! Kom, koop wyn en melk, gratis!




 
 
 

Comments


bottom of page