top of page

Jesus Het jou lief!

wparkin13

I would love to tell you what I think of Jesus


1. I would love to tell you what I think of Jesus Since I found in Him a friend so strong and true; I would tell you how He chang'd my life completely He did something that no other friend could do. Refrain: No one ever cared for me like Jesus, There's no other friend so kind as He; No one else could take the sin and darkness from me O how much He cared for me!

2. All my life was full of sin when Jesus found me, All my heart was full of misery and woe; Jesus placed His strong and loving arms around me, And He led me in the way I ought to go. 3. Ev'ry day He comes to me with new assurance, More and more I understand His words of love; But I'll never know just why He came to save me, Till some day I see His blessed face above.




Jesus het jou lief!


Skriflesing:

Hosea 11:1-11

(1) Toe Israel ‘n kind was, het Ek hom liefgehad, en uit Egipte het Ek my seun geroep.

(2) Hoe meer die profete hulle geroep het, des te meer het hulle van húlle af weggeloop; hulle het aan die Baäls geoffer en vir die gesnede beelde rook laat opgaan.

(3) En Ek self het Efraim leer loop. Hy het hulle op sy arms geneem, maar hulle het nie erken dat Ek hulle genees het nie.

(4) Met mensebande, met koorde van liefde het Ek hulle getrek; en Ek was vir hulle soos diegene wat die juk van hulle kakebeen af oplig; en Ek het My na hom neergebuig, Ek het hom voedsel gegee.

(5) Hy sal na Egipteland nie terugkeer nie, maar Assur—dié sal sy koning wees; omdat hulle geweier het om hulle te bekeer.

(6) En die swaard sal geswaai word in sy stede en sy grendels vernietig en verteer weens hulle planne.

(7) Want my volk dwing om van My afvallig te word; en as die profete hom roep na bo, rig hy hom glad nie op nie.

(8) Hoe kan Ek jou oorgee, o Efraim, jou prysgee, o Israel? Hoe kan Ek jou maak soos Adma, jou gelykstel met Seboïm: my hart is omgekeer in My, tegelykertyd is my medelyde opgewek.

(9) Ek sal my toorngloed nie laat geld nie, Ek sal Efraim nie weer te gronde rig nie; want Ek is God en nie ‘n mens nie, die Heilige in jou midde. En Ek sal nie kom in grimmigheid nie.

(10) Hulle sal agter die HERE aan trek; Hy sal brul soos ‘n leeu. Want Hy sal brul, en die kinders sal met siddering van die seekant aankom.

(11) Hulle sal sidderende aankom soos ‘n voëltjie uit Egipte en soos ‘n duif uit die land Assur; en Ek sal hulle laat woon in hulle huise, spreek die HERE.




Inleiding:

Die profeet Hosea het nagenoeg 740 jaar voor Christus geprofeteer. Sy waarskuwing was aan die Noordelike deel van Israel gerig om hulle te bekeer van hulle verkeerde wee.

Hosea noem Efraim se naam 35 keer. God praat met die volk Israel in die eerste persoon en sê “Ek” amper ‘n honderd keer. Hierdie syfers word genoem om op die leser te druk oor die erns van die verhouding. Die afvalligheid van Israel dryf God om so ernstig met die volk te praat.

Die mens aan die ander kant, is afvallig, verbind hulle eerder met Baal, die valse god wat in Syria-Palestine aanbid word. Met ander woorde, hulle aanbid die gode van die tyd.

Die profeet voorspel dat uiteindelik die volk in ballingskap oorgegee sal word sodat hulle tot hulle sinne kan kom. Die val van Israel gebeur wel dan in 722 Voor Christus.



Belofte van liefde:

Die boek Hosea het betrekking tot die verhouding en liefde van God met Sy volk. Die verhouding tussen God en Israel word hier in Hosea vergelyk met die huweliksband tussen man en vrou. Die huweliksband tussen man en vrou word beskou as die basis van oorlewing in die algemene samelewing. Wanneer hierdie band verbreek word, dan verbrokkel nie net die huisgesin nie, maar die fondasie van die samelewing word geskud.

Hosea bring die nugter waarheid na vore deurdat hy ons herinner dat die menslike huweliksband deur God ingestel is om juis ‘n diepgaande verhouding te verteenwoordig, naamlik die verbond’ s verhouding tussen God en Sy volk. God het belowe om die persone wat in verbond’ s verhouding met Hom is, om hulle nooit te begewe of verlaat nie.

Wat sê hierdie belofte aan ons?

· As ek my van my verkeerde wee sal bekeer, en na God toe draai, sal Hy my land herstel. (2 Kron 7:14)

· As ek my sonde bely, is Hy getrou en regverdig om my te vergewe van my sonde en ongeregtigheid. (1 Joh 1:9)

· Wanneer ek my sonde bely, sal hy my reinig van my sonde deur Jesus se bloed. (1 Joh 1:7)

· My sonde word nie meer aan gedink nie, in teendeel, Hy neem dit weg asof dit nooit bestaan het nie. Met ander woorde, God herstel ons na die posisie of staat wat ek in was voordat ek gesondig het. (Psalm 103:12)

· Jesus het medelye met ons swakheid (Heb 4:15) en sal ons op die regte help om te oorwin.

· Jesus nooi ons wanneer ons vermoeid en belas is, om na Hom te kom, want Hy is sag en nederig. (Matt 11:29)

· In elke versoeking sal Jesus ons krag gee sodat ons nie bo ons kragte versoek word nie. (1 Kor. 10:13)

· Wanneer ek bedruk en ellendig voel, sê ons Here dat ons oor niks besorg moet wees nie, maar dat Hy, wanneer ons na Hom toe kom met ons laste, dat hy ons hart en sinne sal bewaar. (Fil 4:7)

· In gryse ouderdom sal ek nog vrug dra, hulle sal groen en vet wees. (Psalm 92:15)

· Die kindertjies, dié salf en seën Hy (Luk 18:16)

· God seën ons finansies, want wanneer ek gehoorsaam is, maak Hy vir my die sluise van die Hemele oop, God wil ons finansies seën. (Mal 3:10)



Opsomming:

Alles wat ek nodig het in my lewe het is beskikbaar in my huwelik. My huwelik is ‘n toonbeeld van my verhouding met God deur Sy verbond om my lief te hê.


Die verbrokkeling van my huwelik kan net gebeur as ek ontrou is aan my huweliksmaat. Die toonbeeld is ook waar in my geestelike lewe. Wanneer ek ontrou is aan my liefdes verbond met God, dan verbrokkel my verhouding met Hom. Maar, dank God vir Sy regverdigheid, want daar bestaan nie ‘n geestelike egskeiding nie, want God is getrou en regverdig om ons te help en te vergewe as ons die verkeerde aflê en ons beker van ons sonde.


Wil u vandag opnuut u verbind aan u huweliksmaat? Sal u ook dan vandag opnuut u verbind aan die verbondsverhouding met u hemelse Vader?


Refrain:

O how I love Jesus,

O how I love Jesus,

O how I love Jesus,

because He first loved me!


To me, He is so wonderful,

To me, He is so wonderful,

To me, He is so wonderful,

Because He first loved me!


 
 
 

Comments


bottom of page