Inleiding:
Dit klink miskien soos ‘n vreemde vraag, veral vir ‘n Sondagmôre boodskap. Om beter te verstaan, moet ons glo dat die mensdom in die middel van ‘n geestelike oorlog staan (Efesiërs 6:12). Ons moet verstaan dat ons hier op die aarde moet kies wie se kant ons op staan. Die gevolg van ons keuse sal die lewenspeil bepaal van ons toekoms. (2 Korintiërs 5:10)
Die vraag behoort eintlik te wees, hoekom gaan dit soms so moeilik met my? Het ek iets verkeerd gedoen? Het die Here miskien vergeet van my? Is daar ‘n moontlikheid dat die Here Jesus nie eintlik in my belangstel nie? Is alles ‘n leuen en dit wat hulle gesê het is die waarheid, daar is nie ‘n Godheid nie? Moet nie bekommerd wees nie. Dit is normaal om hierdie vrae te vra!
Ek het goeie nuus vandag. Indien u die kant van Die Heilige van Israel gekies het, het u beslis die regte kant gekies. As u die Krag van God, die Liefde van die Christus, en die Selfbeheersing van die Heilige Gees gekies het, (2 Timotheüs 1:7) dan het God se almag op jou kant!
Skriflesing:
2 Chronicles 19:7
(7) Mag die skrik vir die HERE dan nou op julle wees; handel nougeset, want by die HERE onse God is geen onreg of partydigheid of aanneming van geskenke nie.
2 Chronicles 19:9
(9) En hy het hulle bevel gegee en gesê: So moet julle handel in die vrees van die HERE, met getrouheid en met ‘n volkome hart.
2 Chronicles 19:11
(11) En kyk, Amárja, die hoofpriester, is oor julle vir enige saak van die HERE, en Sebádja, die seun van Ismael, die bevelhebber van die huis van Juda, vir enige saak van die koning, en as opsigters staan die Leviete tot julle beskikking; julle moet sterk wees en dit doen. En mag die HERE met die goeies wees!
2 Chronicles 20:1-2
(1) En daarna het die kinders van Moab en die kinders van Ammon, en saam met hulle ‘n deel van die Meüniete teen Jósafat gekom om te veg.
(2) Toe hulle kom en aan Jósafat berig bring en sê: Daar kom ‘n groot menigte teen u van anderkant die see, van Edom af, en kyk, hulle is al in Háseson-Tamar—dit is Éngedi—
2 Chronicles 20:14-15
(14) Toe kom die Gees van die HERE in die midde van die vergadering op Jahásiël, die seun van Sagaría, die seun van Benája, die seun van Jeï-el, die seun van Mattánja, die Leviet uit die kinders van Asaf;
(15) en hy het gesê: Luister, almal wat uit Juda is en inwoners van Jerusalem en u, koning Jósafat! So sê die HERE aan julle: Wees nie bevrees of verskrik vanweë hierdie groot menigte nie, want die stryd is nie julle saak nie, maar die saak van God.
Agtergrond:
Koning Jósafat, die koning van Juda was ‘n man wat die kant van die Here gekies het. As u in hoofstuk 18 gaan kyk sal u sien dat die koning van Israel vir Josafat oortuig het om na die stryd toe te gaan om die vyand uit te lok om Josafat aan te val, om sodoende sy lewe te spaar. Maar toe Josafat sien hulle omring hom het hy geskreeu en die Here het hom gehelp. Maar, die koning van Israel is getref deur ‘n verdwaalde pyl wat “randomly” geskiet is deur die vyand. Dit, ten spyte daarvan dat hy gepantser en behang is met yster om hom te beskerm.
As God met ons is, wie kan teen ons wees?
(Romeine 8:31) Wat sal ons van hierdie dinge sê, as God met ons is wie sal teen ons wees?
Besef u hoe groot God is? Besef u hoe lief God u het? Weet u dat al die krag, liefde en self beheersing waarmee God die aarde en die heelal geskep het, aan u geskenk het. Die skrif sê dat ons nie ‘n gees van vreesagtigheid ontvang het nie, maar van krag, liefde en selfbeheersing!
As u hierdie waarheid net sal glo. Koppel dit met die getuienis van Josapat dan het ons moes die begin van ‘n wonderlike oorwinning in ons lewe. Nou kan ons vir die wêreld sê, Bring it on!!
Waar lê die oorwinning?
(14) Toe kom die Gees van die HERE in die midde van die vergadering op Jahásiël
(15) ... So sê die HERE aan julle: Wees nie bevrees of verskrik vanweë hierdie groot menigte nie, want die stryd is nie julle saak nie, maar die saak van God.
The battle belongs to the Lord!!!
Opsomming:
Glo, vertrou, weet en staan terug, want die stryd is nie jou saak nie, maar die saak van God! Prys die Here vir die oorwinning.
2 Chronicles 20:17
(17) Julle hoef daarby nie te veg nie; staan gereed, bly staan en aanskou die redding van die HERE by julle, Juda en Jerusalem! Vrees nie en wees nie verskrik nie; trek môre teen hulle uit, en die HERE sal met julle wees.
2 Chronicles 20:21-22
(21) En hy het met die volk beraadslaag en tot eer van die HERE sangers opgestel wat, in heilige sieraad, moes lofsing en by die uittrek op die voorpunt van die gewapendes moes sê: Loof die HERE, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid!
(22) En op die oomblik toe hulle die gejubel en die lofsang aanhef, het die HERE ‘n hinderlaag opgestel teen die kinders van Ammon, Moab en die mense van die gebergte Seïr wat teen Juda gekom het, sodat hulle verslaan is.
Comentarios