Inleiding
Presies hoe geloof in God werk, weet ek nie. Maar, ek kan u verseker dat God ‘n werklikheid is en dat Hy ‘n kragtige God is wie die mensdom lief het. Hierdie feit word deur die 21 hoofstukke van Rigters oor en oor gewys.
Die Boek, Rigters, is geskryf 1000 V.C. en beskryf die geskiedenis van Israel tussen die vestiging in Kanaän en die vestiging van die Monargie. Daar is nie sekerheid oor die skrywer van Rigters nie, maar daar word vermoed dat of Samuel of sy assistente die boek geskryf het.
Rigters se tema leer dat Israel se oorlewing hang van hulle lojaliteit teenoor God. Wanneer hulle nie lojaal is nie, sien die leser dat Israel telkemaal op ‘n ramp afstuur. Maar, omdat God lief is vir sy volk, wanneer hulle roep dan stuur God ‘n Rigter om hulle uit die moeilikheid uit te lei.
Gideon
Ons tref Gideon aan in die 6de hoofstuk van Rigters. Gideon word gestuur deur God om Israel uit die hand van die Midianiete te red. In my verbeelding sien ‘n kort man met of blond of rooi hare wat ‘n redelike parmantige man is. Hoekom ek so sê is Gideon se reaksie toe die Engel van die Here hom groet met die woorde: “Die Here is met jou dapper held.” Wel! Ek dink nie die Engel het verwag dat dit so ‘n aggressiewe reaksie sou ontlok nie. Gideon wou, onder andere, weet waar die God van Israel is wat hulle uit die woestyn uit gelei het. Kyk nou in watter omstandige van hongersnood en skrik die volk in bly. Is dit wat God vir hulle bedoel het? Hy was kwaad en ontevrede!
Kwaad en ontevrede is ‘n goeie plek om in te wees. Wanneer ons kwaad en ontevrede is, beteken dit dat ek nie hou van my omstandighede nie. Dit sê ook dat ek nie myself kan help nie. Ek het dus ‘n verlosser nodig. Hier staan die Engel van die Here en bemoedig Gideon aan met die woorde, God is met jou! Ek sou dink dat Gideon sou stop en dink, maar nee! Hy verklaar dat hy uit die geslag van Manasse uitkom, wat die kleinste van die stamme is. En nog meer, dat hy die geringste van sy geslag is. Hier kom die oorwinning: Toe Gideon sy onbekwaamheid verklaar, het hy op daardie oomblik hom in God se bekwame terrein begewe.
Skriflesing:
Rigters 6:14 “Toe draai die HERE na hom toe en sê: Gaan in hierdie krag van jou en verlos Israel uit die hand van die Midianiete. Is dit nie Ek wat jou stuur nie?”
Ek sal met jou wees:
Die les van die Rigters is dat ons lojaal aan God moet wees. Wanneer ons dislojaal is, tref daar gewoonlik ‘n ramp ‘n mens. Ek het al gesien dat wanneer die ramp tref, is die mens gou om na God toe terug te keer. Menslik gesproke, wil ons hê dat God die mens moet wegjaag, hulle was moes stout gewees maar, God is getrou en regverdig. Die skrif sê in Psalms 103:10-11 (10) Hy handel met ons nie na ons sondes en vergeld ons nie na ons ongeregtighede nie. (11) Want so hoog as die hemel is bo die aarde, so geweldig is sy goedertierenheid oor die wat Hom vrees. Die feit is dat almal foute maak maar, God is getrou om te help wanneer ons erkentlik is om te vergewe.
Ten spyte daarvan dat die Here vir Gideon sê Ek sal met jou wees, besluit Gideon om al die manskappe bymekaar te maak wat hy in die hande kan kry. 32000 Manne het kamp opgeslaan.
Julle is teveel!
Die Here sê, Ek is met jou, maar Gideon maak vir hom 32000 manne bymekaar. Daar is duidelik ‘n les daarin! Wanneer ons in ‘n ramp situasie is, beteken dit dat ek nie kon verhoed het dat ek daar sou beland nie. So, wat gee Gideon die idee dat hy nou sonder God die oorwinning oor die ramp sou kry? Die Here sê vir Gideon, julle is te veel. Sê vir dié wat bang is hulle moet loop. Rampspoed! 22000 manne loop. Wat ‘n toestand!
Met die bou van ons ingangsportaal en die versiering van ons platvorm, ek het gesien dat wanneer die Here in die saak is, hoef ons nie 32000 te wees nie. Elke dag het die Here die regte mense gestuur om te kom help met of geld of arbeid. My swaar het vir my gesê dat ons gaan vinniger bou as wat ons geld inkom. Dit was sowaar anders om, ons geld het vinniger ingekom as was ons kon bou. U sien, die Here wil wys dat Hy ons verlosser is!
Ek sou gedink het: Goed, ek kan met 10000 werk. Maar die Here besluit, Hy sal die volk red. Die Here sê vir Gideon; julle is teveel! Paniek! Here, asseblief, moenie toelaat dat ek nog verder beheer verloor nie! Julle is teveel! Nadat die wat water gedrink het soos hondjies weg was, bly daar net 300 oor. Jy kan dink wat die kort mannetjie toe gesê het. Gelukkig is hy nou gevul met die Heilige Gees (Rigters 6:34). Dit veroorsaak dat die krag van God deur ons werk, en wanneer dit gebeur, dat slaan ons sommer 400 Baal priesters dood.
God gee oorwinning:
Die 300 manne het, as ek reg bereken, tussen twaalf uur en drie uur in die more, kruike gebreek, in hulle regterhande ‘n fakkel gehou, met ‘n ramshoring in die linkerhand en geskreeu, Die swaard van die Here en van Gideon. God het soveel verwarring onder die Midianiete gebring, dat hulle onder mekaar geveg het en weggehardloop het.
God gee vir die volk Israel daar ‘n magtige oorwinning oor die vyand!
Heers oor ons:
Die manne van Israel het vir Gideon gesê; Heers oor ons, maar Gideon sê in Rigters 8:23, die Here sal oor julle heers!

Opsomming:
Die tema van die boodskap is: Wil jy in oorwinning leef? Die verhaal van Gideon wys duidelik waarlangs die pad loop om in oorwinning te leef:
· Wees lojaal teenoor die Here.
· Wanneer jy fouteer, erken dat jy verkeerd gehandel het.
· Wend jou na die Here, Hy sal jou uitred.
· Moenie heers oor jou eie lewe nie.
· Laat toe dat die Here oor jou lewe heers.
Comments